Boodskap

Vanaf DIe hoof

Beste Jeugie-gemeenskap

 

Ek vertrou dat dit met almal goedgaan in hierdie tyd waarin daar baie onsekerheid heers.  Van Jeugland se kant wil ek u verseker dat ons ‘n Jeugie-familie is en deur dik en dun sal saamstaan in die tyd wat kom.  Ek het dit goedgedink om hierdie voorwoord vir ons tydelike webwerf te skryf om sommer ‘n paar onduidelikhede, wat tans bestaan,  uit die weg te ruim.

 

Ek wil uit die staanspoor ons skool se ingesteldheid ten opsigte van Covid19 duidelik maak.  Ek glo nie die virus is doelbewus die aand van die 26ste Maart teen twaalfuur die nag in ons land afgelaai nie. Ons is in isolasie geplaas om verspreiding te vermy, maar met die opheffing van isolasie gaan alles nie noodwendig dadelik na normaal terugkeer nie. Ons begeef ons op ‘n onbekende terrein en ons gaan beslis ‘n ongewone jaar beleef. Wees egter verseker dat  Jeugland alles sal doen om personeel en leerders se welsyn en gesondheid te alle tye te beskerm.  Dit beteken dat ons te alle tye wetgewing en beleid sal gehoorsaam sonder enige uitsondering.

 

Baie dankie dat ek ‘n paar gedagtes met u kon deel.  Mag u veilig en gesond wees in hierdie tyd.  Mag God u seën en naby wees.

 

Jeugie-groete

 

Dr DJ Morris

Ons is totaal in die hande van die regering en daarna die minister van onderwys.  Daar sal ‘n nasionale aankondiging in die verband gemaak word wat weer deur ons distrikkantoor aan  hoofde deurgegee sal word.  Wees baie bedag op fopnuus in die verband.  Ons sal hierdie datum bevestig, sodra ons uit betroubare bronne die waarheid kan verkondig.

Elke vak en graad in ons skool het ‘n “Annual Teaching Plan”.  Hierdie plan skryf in detail voor wat onderwysers per week, maand en kwartaal in elke vak moet onderrig.  Alle vakke in ons skool het die eerste kwartaal se werk ten volle voltooi volgens hierdie plan.  Die Departement van Basiese Onderwys sal beslis voorskriftelik wees wat die aantal kwartale en onderrigtyd  vir die res van die jaar betref.  Verskillende rolspelers sal dan die Annual Teaching Plan aanpas en leiding gee ten opsigte van tydsraamwerke waarbinne leerinhoud voltooi moet word.  Daar is tans geen datums in dié verband beskikbaar nie, dus sal enige opinie hieroor blote spekulasie wees.

 

Die kern van alle leer is nie net die verstaan van die leerinhoud nie, maar ook die gereelde inskerping en herhaal daarvan deur die leerder.  Die doel met hierdie webwerf (en ander inisiatiewe wat deur personeel geneem word) is om die afgehandelde leerinhoud gestruktureerd te herhaal en by leerders in te skerp.  Ek stel voor dat leerders, wat nie toegang tot die internet het nie, deur middel van ‘n studierooster al die werk van die eerste kwartaal  instudeer en herhaal.

Ons skool het ‘n hele aantal gesinne wat nie elke dag kos op die tafel het nie.  Deur middel van skenkings en bydraes uit ons gemeenskap, kon ons hierdie gesinne help vir die duur van die huidige isolasietydperk.  Ons gaan egter ‘n groot nood moet verlig as die skool begin en sal dan voedselbydraes van ons skoolgemeenskap verwelkom.

Ja asseblief.  ‘n Skool funksioneer dieselfde as enige huishouding.  Uitgawes by die skool is onvermydelik en moet nagekom word.  Hier staan ons skool onder spesifieke wetgewing.  Vrystellings- en verligting van skoolfonds word kragtens die Suid-Afrikaanse Skolewet  toegeken,  alleenlik aan  diegene wat aan die kriteria voldoen.   Jeugland en sy Beheerliggaam sal hierdie regulasies  ten volle toepas.  Ek glo die staat sal aankondigings maak indien hier enige veranderinge aangebring word.