Jeugland Sport wil 'n dominante posisie in fokussportsoorte behaal op provinsiale, nasionale en internasionale vlak...
Jeugland Sport wil 'n dominante posisie in fokussportsoorte behaal op provinsiale, nasionale en internasionale vlak; sportseuns en -dogters van wêreldgehalte ontwikkel; 'n uitstekende ervaring van skolesport bied; deelname aan sport vir ontspanningsdoeleindes bevorder; sosiale kapitaal bou; en die persentasie sportseuns en -dogters wat ook akademiese sukses behaal, verhoog. Jeugland se doel is om vir elke Jeugie die geleentheid te bied om sport vir hom / haar deel van hul toekoms te maak.
Jy as sportseun of-dogter bestee ontelbare ure aan die voorbereiding vir 'n seisoen en kompetisies, maar is jy gereed om die uitdaging...
Jy as sportseun of-dogter bestee ontelbare ure aan die voorbereiding vir 'n seisoen en kompetisies, maar is jy gereed om die uitdaging geestelik aan te vat? Fokus is belangrik. Daarsonder sal dit haas onmoontlik wees om tot jou volle potensiaal, oefeninge en kompetisies aan te pak. As jy leer om spanning reg te bestuur en selfs die opwinding reg te kanaliseer, kan dit jou geestesspel verbeter wanneer dit tyd is om mee te ding.
Afrigting Hoof - L Archer
Diskus - A Kriel
Spiesgooi - Z Robberts
Hoogspring - S Marais
Gewigstoot - D Pretorius
Middel- en Langafstande - L Venter
Naellope/Hekkies - M Fourie
Verspring - D Opperman en T de Kock
Buiteafrigters:
M McClintock
V van Zyl
F Mulder
L Archer
Sang - H Strydom
HPS - L Archer en T de Kock
Organiseerder - S Beya
Seuns:
0/14A - N Poley
0/14B - A Alner & A Nel
0/15A - L Snyman
0/15B - J Meuwesen
2de span - D Opperman
1ste span - S Beya
Dogters - A Smit
PUK SENIORS: E van der Loo
PUK JUNIORS: E Dreyer
4 seuns
C Espach
E Strachan
J Barnard
M Pelser
A Vd Merwe
3 dogters
M Austin
T Terblanche
S Marais
Y Odendaal
Organiseerder - Z Muller
Tegniese Hulp - M Coetzee/M Pelser
Y Odendaal
Skeidsregters:
Z du Plooy
C Bailey
Z du Plooy
N Vosloo
H Brummer
W Marais
Dogters:
0/14A - A Kriel
0/14B - M Vermaak
0/15A - M Erasmus
0/15B - Z Robberts
0/16A - H Brummer
0/16B - C Schickerling
2de span - Z jv Rensburg
1ste span - Z Muller
Seuns:
Juniors - W Marais
Seniors - T Venter
Tegniese Bestuurder - T van Dyk
Kondisionering - I Kruger
0/14A, B & C - P vd Merwe, C Schoeman
en L Snyman
0/15A, B & C - J de Bruin, A Killian,
P V Deventer en A Smit
0/16A, B & C - A Labuschagne en D Opperman
4de span - J Meuwesen, A Alner en A Nel
3de span - J Meuwesen, A Nel en A Alner
2de span - H Klue, N Poley en T van Dyk
1ste span - H Klue en N Poley
7's – 0/15 & 0/17 - H Klue, J de Bruin en N Poley
Spesialiste - N de Bruin, W Roux en I Kruger
Tegniese en admin hulp - E vd Loo / A Liebenberg
0/14A - C v Zyl
0/14B - C v Jaarsveld
0/14C - L Els & L Pretorius
0/15A - L Pienaar & A Marais
0/15B - N Herbst
0/15C - H Strydom
0/16A - M Fourie
0/16B - M Schuman & M Pretorius
0/16C - L Venter
0/17A - D Fourie
0/17B - S Marais
0/19A - D Smit
0/19B - A Klue
Mede-organiseerder - E v Schoor
Afrigters - T Venter / L Venter
Mede-organiseerder - J Otto
Afrigters is soos volg:
Ouderdomsgroepe O/15, O/17 en O/19 seuns en dogters
E Lemmens
N Lemmens
D Badenhorst
B Venter
M Roux
Die oorgang van 'n sedentêre leefstyl na 'n aktiewe een is 'n fisiologiese wonder. Of jy nuut is om te oefen of 'n langtermyn...
Die oorgang van 'n sedentêre leefstyl na 'n aktiewe een is 'n fisiologiese wonder. Of jy nuut is om te oefen of 'n langtermyn atleet wil wees, om te verstaan wat met jou liggaam gebeur tydens die eerste paar minute oefening, sal jou help om veilig, gemaklik en gemotiveerd te bly. Jy sal ook jou volledige oefensessie optimaal kan gebruik.
‘n Gesonde leefstyl is een van die belangrikste pilare van ‘n gebalanseerde lewe. Wanneer mens gesond leef kan jy baie...
‘n Gesonde leefstyl is een van die belangrikste pilare van ‘n gebalanseerde lewe. Wanneer mens gesond leef kan jy baie beter funksioneer op alle terreine! Om te konsentreer en te studeer sal ook baie makliker wees wanneer jou liggaam met die regte aktiwiteite en voedsel gevoed word.
Afrigters kan een van die invloedrykste figure in 'n atleet se lewe wees. Hul invloed kan lank voortduur nadat die seisoen (en loopbaan) geeïndig het. Dit impliseer dat afrigters 'n morele verantwoordelikheid het om 'n positiewe invloed op hul spelers te hê. Jeugland-afrigters is nie net 'n afrigter nie, maar 'n mentor en vriend vir al hul atlete.
JEUGLAND - ATLETIEK
Jeugland se atletiek het geen bekendstelling nodig het nie. Atletiek se sukses lê in die organisasie en bestuur deur van die mees toegewyde en bekwame atletiekkundiges. Onder bekwame organisasie en bestuur gaan Jeugland-atletiek van krag tot krag. Dit is harde werk en die ontwikkeling van elke atleet die boustene van sukses. Motivering, saamwerk, saamgroei en saamdroom maak dat die atletiekspan vonkel met spangees en toewyding.
JEUGLAND - LANDLOOP
Ons hoofdoel met landloop by Jeugland is om ‘hardloop’ en ‘oefen’ vir die atlete lekker te maak. Ons wil ‘n liefde vir fiksheid kweek wat hopelik ‘n leefwyse sal word. Ons werk aan algemene fiksheid wat ‘n voordeel inhou vir alle sportsoorte. Landloop verg toewyding en verbeter elke atleet se selfbeeld, selfdissipline en doelgerigtheid
JEUGLAND - KRIEKET
Hoërskool Jeugland staan bekend as een van die top krieketskole wat ‘n standaard van uitnemendheid gevestig het. ‘n Opwindende krieketkultuur, gevestig in sterk waardes, dissipline en krieket-etiket word gehandhaaf. In die proses het krieket ‘n ongekende groei in getalle getoon wat gerugsteun word deur moderne tegnologie en topafrigters. Kom word deel van die krieket-suk"6".
JEUGLAND - GHOLF
Gholf is ‘n sportsoort wat jou ‘n verskeidenheid van vaardighede leer. Dit vereis bo-gemiddelde selfdissipline en konsentrasie. Gholfspelers kry die geleentheid om in die buitelug in ‘n ontspanne atmosfeer saam met medespelers hulle vaardighede te toets. Die waarde lê daarin dat spelers sosiale vaardighede in ‘n kompeterende situasie teen medespelers aanleer, terwyl hulle terselfdertyd ook teen hulleself kompeteer en altyd poog om hul eie beste tellings te verbeter.
JEUGLAND - HOKKIE
Hoërskool Jeugland is welbekend in hokkiekringe as ‘n krag waarmee rekening gehou moet word. Maksimale ontwikkeling is ons prioriteit en word deur professionele afrigters met doelgerigte ontwikkelingsprogramme geïmplementeer. Die mini-astro is een van ons fasiliteite wat ons gebruik om aan verskeie fasette van spelers te werk. Jeugland-hokkie se sukses word gebou deur ons hokkiespelers se liefde vir die sport, harde werk en spangees.
JEUGLAND – JUKSKEI
Dié ou bekende sport gaan nie by Hoërskool Jeugland verlore nie. Met die getal deelnemers wat elke jaar groei, is Jukskei baie gewild onder die leerders. Raak deel van die Jeugie-jukskei-familie en kom probeer jou hand aan hierdie gewilde sportsoort.
JEUGLAND - NETBAL
Hoërskool Jeugland se netbal bied aan elke dogter die geleentheid om die nodige liggaams- en lewensvaardighede te ontwikkel, sodat sy haar volle potensiaal kan ontwikkel, kan bereik en kan benut – tot voordeel van haarself, haar span en haar skool. Hier skep ons graag ‘n omgewing, waar elke speelster ‘n lewenslange liefde kan kweek vir gesonde gewoontes, soos gereelde oefening, fiks wees en sportmangees. Soos ons leuse sê, streef ons die hoogste na vir elke speelster, elke span, elke afrigter, elke beampte, elke ouer en elke ondersteuner.
JEUGLAND - RUGBY
Hoërskool Jeugland streef na uitnemendheid op twee gebiede: die maksimale ontwikkeling van die potensiaal van elke speler, ongeag die span waarin hy speel en die blootstelling van elke speler aan die mees moderne tegnologie en metodiek in afrigting. So bereik ons gemaklik die hoogste hoogtes.
Die dinamiek tussen professionele afrigting en ‘n gedrewendheid tot ontwikkeling, bring ‘n entoesiasme en spangees wat so kragdadig is dat die rugby sorg vir ‘n aktiewe en gedissiplineerde lewenstyl wat net van krag tot krag gaan.
Hoërskool Jeugland is bevoorreg om bekwame afrigters te hê wat die liefde en passie vir rugby uitstraal onder leiding van Super rugby afrigters, Niel de Bruin en Wessel Roux.
Die Jeugies neem jaarliks, in verskeie ouderdomsgroepe, aan die NWU Puk-reeks asook die bekende Virseker Beker deel en onderneem gereeld toere na die bekende Kwagga week in George en Hoërskool Oakdale.
JEUGLAND - SKAAK
Jeugland se skaakspelers handhaaf ‘n tradisie van uitnemende prestasies. Op beide plaaslike- en nasionale skaakborde sit hulle ‘n opponent met gemak in skaakmat.
“Results show that just one year of chess tuition will improve a student’s learning abilities, concentration, application, sense of logic, self-discipline, respect, behavior and the ability to take responsibility for his/her own actions.”-Gary Kasparov
Skaak by Jeugland word jaarliks groter, beter en sterker. Jeugland se 0/18-span is die 2019 NWU-Reeks kampioene en het 15 ander skole uitgestof om die titel hulle eie te maak.
Organiseerders: Letitia Smith en Estelle van Schoor
Enige Jeugie kan skaak as buitemuurse aktiwiteit beoefen. Spelers oefen regdeur die jaar.
Maandag: Verpligte oefening vir alle spanlede (14:30-16:00)
Dinsdag tot Donderdag: Alle Jeugies is welkom om te kom skaak speel of te leer speel.
Ons is bevoorreg om 4 spelers te hê wat op die ChessSA se ranglys verskyn en hulle deel hulle kennis graag met die minder ervare of nuwe spelers.
JEUGLAND - SKYFSKIET
Hoërskool Jeugland bied hierdie unieke luggeweer sportsoort reeds vir meer as 18 jaar aan en behaal elke jaar uitstaande prestasties. Ons het alreeds 1 Senior Protea,5 Junior Proteas en heelwat SANSSU-skuts gelewer. Ons het vanjaar 15 skuts by ESSU en SANSSU geaffilieer. Party van ons skuts neem ook aan GTRA- en SAARA kompetisies deel, waar daar ook fantastiese uitslae behaal word.
Talle Jeugies behaal elke jaar provinsiale kleure,en ons spog met baie van hulle wat in SA-skole spanne opgeneem word. Ons skiettoerusting is van die beste in die land, wat dit moontlik maak om op ‘n hoë kompeterende vlak deel te neem en te presteer. Ons skuts het alreeds vanjaar menige provinsiale medaljes tydens die 2 uit 6 proewe losgeskiet en vele meer word voorspel.
Ons neem in twee verskillende klasse deel: Sporter- en Presisie-klas. In beide klasse verteenwoordig ons skuts jaarliks die land oorsee,en ons het al selfs van ons skuts by wêreldbekerkompetisies in Munich,Shull en London gesien. Verder het ons ook al ‘n skut gehad wat in 2012 aan die Afrika Spele in Egipte gaan deelneem het. Jeugland spog ook met 'n Senoir Protea-afrigter wat in 2011 ‘n seniorspan na Munich vergesel het.
Skyfskiet is ‘n sportsoort wat drie-posisioneel aangebied word en in al drie fasette baie selfdissipline en konsentrasie vereis.Dit kweek uithouvermoë, netheid, balans, strewe na sukses en selfgedrewe kompeterende prestasies.
JEUGLAND - TENNIS
Jeugland is trots om te kan sê dat elke Jeugie, of hul ‘n toekomstige Novak Djokovic of Simona Halep is, of net in die “coke-en-chip-span” speel, hulself gate uit geniet.
Ons neem deel aan die NWU Puk-Reeks kompetisie asook aan die Oos Gauteng Skoleliga. In die PUK-Reeks kompeteer Juniors en Seniors in spanverband mee. Gemengde dubbels is beslis iets vir die oog. Brute krag en skoonheid is ‘n gevaarlike kombinasie.
JEUGLAND - RINGBAL
Hoërskool Jeugland se ringbal neem jaarliks toe in gewildheid. Ons ding mee in drie ouderdoms groeppe naamlik, O/15, O/17 en O/18 beide seuns en dogters. Ons glo daar is altyd plek vir leerders om deel te neem en skryf dus ‘n gekombineerde span dogters en seuns in waar ons nie genoeg getalle vir ‘n span het nie.
Ons ding mee in die Ekhuruleni Noord liga wat in die derde kwartaal plaasvind. Jeugland kan ook spog met twee leerders wat tydens die Nasionale Kampioenskappe in 2019 gekies was tot die nasionale span in hulle kategorieë.
Kom word deel van die Jeugland Ringbal familie.