Inskrywing 2022

Finansies 2024

NSC Learner Matric Support

  • Kultuur

    Passievol oor die kunste
Lewende Kunste

Van Debat tot die verhoog

‘n Hoërskool leerder het baie uitdagings en ons het begrip vir almal se omstandighede. Daar is leerders wat die vermoë het om vorentoe te beweeg en ander wat net handhaaf. Leerders moet gefokus bly op hul akademie maar die waarheid is, as hy / sy altyd werk mis hulle uit op ander aspekte van kindwees. Kulturele aktiwiteite stimuleer leerders deur hulle kreatiewe denke, sosiale en organisatoriese vaardighede en hul talente te verbeter.


Of dit dans, sing, voordrag, toneel, musiek of skilder is, is daar iets vir elkeen daar buite om te geniet. Dus, as ons jou verbeelding aangegryp het, dan is Jeugland die beste skool om jou by uit te leef.

JeugLAND Kultuur

KULTUURHOOF
P Erasmus
TONEEL

C SWIEGERS

Afrikaans

D. Pretorius / V Du Plessis / M Krause / B Botha

Engels

D. Pretorius / V Du Plessis / M Krause / B Botha

 

KOORORGANISEERDER

M SCHUMAN

Dirigent

G Pottas

Begeleier

T W Du Plessis

Toesig soos nodig

C. Espach / N. Smith

 

REVUE ~ EXTRAVAGANZA

P. ERASMUS

Klank / Musiek

Z. du Plooy

Klere / Dekor

M Beetg

Finansies

N Herbst

 

GROENTJIEKONSERT

N. HERBST

Skryf / Afrigting

VRL Kultuurraad

Toesig / Kontrole

Graadhoofde / Voogpersoneel

 

 

INDIVIDUELE REDENAARS

AFRIKAANS / ENGELS

C Van Rhyn

 

SPANREDENAARS

AFRIKAANS / ENGELS

N Coetzer

 

 

DEBAT

AFRIKAANS / ENGELS

D Bester

 

ENGLISH Spraakkompitisie

Anglo American Toastmasters

H Strydom / D Opperman

Eng Departement

 

VOORTREKKERS

T TERBLANCHE

 

KUNSWEDSTRYD

E VAN SCHOOR

Revue & Extravaganza

Massa Deelname

As jy kan sing en dans en natuurlik akrobaties van aard is, is dié aktiwiteit  iets wat jy móét doen.

 

Hoërskool Jeugland se Revuegroep is ‘n kleurvolle, dinamiese groep. Die groep hou ook Jeugland se naam hoog deur nou al vir jare agtermekaar as wenners van verskeie  revue-kompetisies  bekroon te word. Die groep skryf jaarliks  ‘n keurspel van 12- 15 minute in vir verskeie revue-kompetisies en kunswedstryde en wen elke keer!

 

Die oudisies is aan die begin van die jaar en daar word ongeveer  80 lede gekies. Die musiek word professioneel opgeneem deur Protrax (Rian  Swanepoel, ‘n oud-Jeugie) en die groep se lede sing self  en verskeie stemme, agtergrondstemme en interessante musiekverwerkings word bygevoeg. Die choreografie word deur mev.  Julie Ruthven gedoen en dit is uitstekend en  professioneel en elke jaar anders. Ons is gelukkig om haar te hê. Die groep sit ook jaarliks baie moeilike “lifts” in wat nie maklik deur ander groepe gedoen kan word nie. Die klere, wat die groep dra,  is interessant en kleurvol en pas by die tema. Ons vertel ‘n asemrowende storie wat die gehoor se asems wegslaan. Die personeel sorg dat die groep absoluut toegerus is om van die aktiwiteit ‘n sukses te maak.

 

Koor

Ons Trots

Hoërskool Jeugland  is van die min skole wat nasionaal- en internasionaal met hul kore deelneem. Die kore is welbekend en gerespekteerd. Met seuns-, dogters en ‘n gemengde koor is daar meer as 450 lede wat hul stemme wêreldwyd laat hoor. Jeugland gee die wêreld die geleentheid om ons kore by internasionale kompetisies te beleef. Met harde werk, onderleiding van mnr Pottas, ‘n passie vir sing en baie toegewydheid staan Hoërskool Jeugland bekend as een van die top koorskole in die land.


Toneel

Op die planke

Hoërskool Jeugland se tonele bied leerders die geleentheid om hulself uit te leef in drama en daarby waardevolle lewensvaardighede soos selfvertroue en kommunikasie te ontwikkel. Met talle oud-Jeugies soos Leandi du Randt, Marco Spaumer, Schalk Bezuidenhout, Karen Wessels (om net ‘n paar te noem) het almal hul eerste tree na beroemdheid op die Jeugland- verhoog gegee. Ons gee vir leerders die vlerke waarmee hulle in dié lewe kan seëvier.


Debat

Die toekoms is joune

Debat is ‘n kultuuraktiwiteit wat meningvormers skep en ‘n verskil in Suid-Afrika se ontwikkeling kan maak. Ons neem jaarliks deel aan die ATKV- debatskompetisie wat in Afrikaans aangebied word. Hierdie kompetisie lok gewoonlik baie belangstelling by ons leerders vanweë die ontwikkelingswaarde vir elke deelnemer. Die Jeugies wat aan debat deelneem, onderskei hulself gewoonlik as leiers by die skool, juis omdat hulle geleer word om op ‘n volwasse manier oor ‘n saak te redeneer en te debatteer.

Redenaars

Ons leiers van môre

'n Leerder wat in die openbaar sy/haar mening kan lug, dit verdedig en die konsekwensies daarvan kan dra, het 'n eienskap van onskatbare waarde. Hoërskool Jeugland het 'n trotse tradisie van uitmuntende sprekers en plaas 'n hoë premie op die ontwikkeling van hierdie belangrike vaardighede. Of dit alleen of in ‘n span is, skroom die Jeugies nie om met hulle flymskerp tongetjies hul sê te sê nie!

 

Spanredenaars is vir ieder en elk, veral vir die kletskouse en kekkelbekke! Dit bied ‘n podium vir die span wat nie retireer om hulle  standpunt met moed en durf te verdedig nie en terselfdertyd hang die gehoor aan hulle lippe.  Dit ontwikkel meer as net die vermoë om heuning om die mond te smeer, maar bou selfvertroue en kritiese denke. By ons spanredenaars is ons nie bang om die bul by die horings te pak nie!