Jeugland se onderwysers bring innovering na die klaskamer en stimuleer kreatiwiteit en laterale denke. Dit maak die leerproses uniek en opwindend. Akademiese verryking in elke vak ononderhandelbaar.
Die personeelkorps van Jeugland reik dikwels ook verder as die grense van die klaskamer uit. Hiermee fokus ons, in belang van ons leerders, op die vaslegging van basiese vaardighede (lees-, skryf- en syfervaardigheid). Ons skitter akademies van vernuwing, maar anker ons suksesse in die waardevolle en bewese tegnieke van vroeër. Ons berei ons leerders voor om met selfvertroue die pad ná skool op die hoogste akademiese niveau te stap - hetsy aan nasionale- of internasionale universiteite.
Hier stel ons graag vir ons leerders die dwarslat hoog, maar motiveer, mobiliseer en ondersteun ons leerders om jaarliks hierdie uitdaging aan te gryp en sukses te behaal.
Ons is trots op ons skool se akademie!
Kenmerke wat ons akademie tops maak:
1. Die wyse waarop Jeugies hul merk, na skool, in hul studies en werksituasies maak.
2. Die graad 12-uitslae.
3. Departementele erkenning aan personeel en Jeugies.
4. Die prestasies van graad 8- tot 12-leerders.
5. Ons ondersteuningsmeganisme.
Daar word na afloop van elke kwartaal 'n akademiese top 20 in elke graad aangekondig. Aan die einde van Februarie word 'n formele akademiese meriete-aand aangebied. Die MERIETE-AAND is 'n spoggeleentheid en neem die vorm van 'n gradeplegtigheid aan.
Die volgende toekennings word gemaak:
Die Dux-leerders is die leerders wat vanaf graad 8-11 die beste prestasies gelewer het. Die leerders ontvang 'n goue penning. Dit is die hoogste toekenning wat 'n leerder ontvang.
Graad 8 en -9 vorm deel van die Senior Fase van 'n leerder se akademiese skoolloopbaan.
Die volgende leerareas word in hierdie fase aangebied:
1. Afrikaans Huistaal
2. Engels Eerste Addisionele Taal
3. Wiskunde
4. Lewensoriëntering
5. Natuurwetenskap
6. Sosiale Wetenskap
7. Ekonomiese Wetenskap
8. Tegnologie
9. Kuns-en-Kultuur
WAT BEHELS DIE GRAAD 8- EN 9-LEERAREAS?
IN WISKUNDE LEER JY:
IN NW (Lewenswet & Fis. Wet) LEER JY:
IN SW (Geografie & Geskiedenis) LEER JY:
IN EBW LEER JY:
IN TEGNOLOGIE LEER JY:
IN KK LEER JY:
Afrikaans, Engels, Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid en Lewensoriëntering is verpligte vakke tot en met graad 12. In die derde kwartaal van die leerder se graad 9- jaar moet 3 vakke gekies word. Van graad 10 tot en met graad 12 moet 'n leerder 7 vakke neem.
By Jeugland streef ons daarna om in graad 8 en – 9 'n stewige basis in alle leerareas te lê. Met die hulp van aanlegtoetse asook die uitslae van die Junie-eksamen word die leerder gelei om die regte vakke te kies.
In die onderstaande tabel word in detail uitgebrei oor die leerareas waarin graad 8- en 9-leerders blootgestel word.
VERPLIGTE VAKKEUSE GRAAD 8 EN 9 VERPLIGTE LEERAREAS
VERPLIGTE VAKKE GRAAD 10 - 12
KEUSEVAKKE - KIES ENIGE DRIE
UNIVERSITEITSVRYSTELLINGSVAKKE
RTT en IT mag saam geneem word. Met Wiskundige Geletterdheid kan vakke soos Fisiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie nie geneem word nie.
Vakke soos Kuns, Gasvryheidstudies en Digitale Elektronika is uniek aan Hoërskool Jeugland. Hierdie vakke word op 'n hoë standaard aangebied. Musiek kan ook by Hoërskool Jeugland geneem word, maar slegs vanaf graad 10 as ‘n agste vak.
Mevv. Smith en Van Vuuren bied Gasvryheidstudies aan. Die uiters professionele wyse waarop die leerders die restaurantaande beman, getuig van die goeie kwaliteit van onderrig. Jaarliks kwalifiseer talle graad 12- leerders vir beurse vir verdere opleiding in die hotelbedryf.
Hoërskool Jeugland beoog om 5 tegniese vakke aan te bied as keusevakke vanaf graad 10 tot 12. Die vakke is as volg; Tegniese Wiskunde, Tegniese Natuur & Skeikunde, Elektronika, Siviele Tegnologie en IGO. Leerlinge word toegelaat om agste vakke te neem, maar dit is slegs van graad 10 af.
Leerders met spesiale onderrigbehoeftes word geakkommodeer en deurgaans ondersteun.Nadat leerders aangemeld is en deur die Departement van Onderwys getoets is, ontvang leerders op aanbeveling, spesifieke konsessie vir formele assesseringsopdragte.
Jeugland is toonaangewend op hierdie gebied!
Remediërende onderrig ten opsigte van taalvaardighede word deur 'n professionele en opgeleide opvoedkundige na-ure by die skool aangebied.